GEORGE NUUS - By Conville Primêr is hulle nou siek en sat vir die vlaag inbrake by die skool. Volgens die skoolhoof, Sam Crowley, het hulle ruite ter waarde van R7 000 vervang en die diefwering het R5 000 beloop.
Crowley sê nadat hy die week die skool se sekerheidskameras gefynkam het, kon hy uiteindelik die inbrekers identifiseer.
Hy het Dinsdagoggend met die hulp van die gemeenskap en die buurtwag 'n groep jeugdiges, tussen 12 en 13, by hul huis gaan haal en siviele arrestasies gemaak. "Dis almal blote kinders wat hulself in sindikate organiseer."
Hy sê hy is van mening dat die gemeenskap eienaarskap moet neem van hul skool, en binne die gemeenskap ook dieselfde houding moet hê teenoor klinieke en openbare geboue. Die skool is aangeraai om die aangeleentheid na Veilige Skole te verwys. Hulle het intussen sake aanhangig gemaak en Conville-buurtwag was van groot hulp. "Die buurtwag en Sektor 2 help ons nou om inligting te kry oor die ontvangers van die gesteelde goedere."
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'