Gallery
GEORGE NUUS - Tydens Carpe Diem se prysuitdeling op 31 Oktober het die skool behoorlik gespog met sy leerders. Daar is hierdie jaar twee nuwe toekennings bygevoeg.
Die Principal's Award gaan aan skoolverlaters wat in hul skoolloopbaan by Carpe Diem uitsonderlik presteer het.
Al drie leerders wat dit hierdie jaar ontvang het, is Engelssprekend.
Die Ukukhanya-trofee is die ander nuweling op die program, en gaan aan 'n leerder wat 'n ambassadeur vir die skool was waar hulle ook al deelgeneem of opgetree het. Ukukhanya beteken "om te skyn".
Jadha Abrahams, who is leaving Carpe Diem, received the Principal's Award for her exceptional achievements during her years at the school.
Bokkie-toekennings gaan aan atlete wat aan die SA kampioenskappe deelgeneem het. Van links is Keasha Prinsloo, Olothando Songqengqe, Marcello Makoba, Lee-Kay Pêrel en Jamie-Lee Saaiers.
Forte toekennings gegee aan die Carpe Deo Sanggroep-lede wat vir drie agtereenvolgende jare 'n A++ by die Outeniqua Koorfees behaal het, asook aan die Hip-Hop groep wat aan die Dans in Jou Taal kompetisie in Pretoria deelgeneem het. Bo, van links is: Esmeralda Christiaans, Luchiano Aweries, Daniel Baleseng, Julian Jansen, Neo Matini, Giteau Howley en Marcello Makoba. Middel: Olothando Songqengqe, Sibabalwe Counter, Elwin Bruce, Justin Mintoor, William Majavie, Lu-Wayne Bruinders en Libhongolethu
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'