GEORGE NUUS - Die onkologiedepartement by die George-hospitaal is verlede week deur die GO GEORGE-span besoek as deel van die kommunikasiespan se uitreikingsprogram aan die gemeenskap.
Tyron Jeyi (agter), GO GEORGE-gemeenskapskakelbeampte, verduidelik aan pasiënte by die chemoterapie-eenheid hoe om die busdiens volgens hul unieke behoeftes te benut.
Elkeen het ’n kombers ontvang met die komplimente van GO GEORGE.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'