Video
GEORGE NUUS EN VIDEO'S - 'n Boom van hoop is vanoggend, 21 Augustus in die tuin aan die westekant van die NG Moedergemeente George geplant.
Dit het kort na 10:00 na die voltooiing van die erediens plaasgevind.
Dr.Steve van der Walt, 'n leraar van die gemeente, is bygestaan deur verskeie mense wat die diens bygewoon het.
Onder hulle was ook van die jonger garde wat gehelp het om grond in die gat rondom die boom te gooi.
Die boomplanting het 'n lang aanloop. 'n Oplettende inwoner, Allison Holiday het akkers van 'n geskiedkundige boom raak gesien en opgetel in April 2017. Sy het dit aan die groei gekry. Min het sy toe geweet wat uiteindelik sou gebeur.
Die geskiedkundige boom is reeds in 1884 geplant maar is 'n tyd terug deur die stompkopkewer en sy simbiotiese swam aangeval. Dit moes toe uiteindelik in 2020 afgekap word.
Holiday het van die boompies wat uit ontkieming van die akkers ontstaan het aan die kerk geskenk. Dis een van die boompies wat vandag 21 Augustus geplant is.
Van der Walt het gesê dis 'n boom van hoop. Tydens covid het mense moeilike tye beleef en daar is weer hoop.
VIDEO - Boomplanting NG Moedergemeente George dr.Steve van der Walt:
VIDEO - Gemeente help boom van hoop te plant:
Die geskiedkundige eikeboom wat reeds in 1884 geplant is en 2020 afgekap moes word. Foto: Eugene Gunning
Die boom van hoop word geplant. Foto: Eugene Gunning
Gemeentelede sit hand by om die boom van hoop te plant. Foto: Eugene Gunning
Die boom van hoop is geplant. Foto: Eugene Gunning
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'