Gallery Video
GEORGE NEWS AND VIDEO'S - Bianca Buitendag, silwermedaljewenner in die vroueafdeling van die branderplankrykompetisie by die Olimpiese Spele, is vanoggend met ope arms terugverwelkom.
Die vliegtuig van Johannesburg het kort voor 10:00 op die George-lughawe geland.
'n Groot klomp ondersteuners het al van vroeg in die parkeerterrein van die lughawe bymekaargekom. Onder hulle was familie en vriende met branderplanke.
Passasiers op die vlug het vertel dat sy spesiaal in die vliegtuig verwelkom is. Spontane applous het losgebars toe hulle hoor wie in hul midde is.
Leon van Wyk, George se burgemeester het haar in die aankomssaal met 'n bos blomme terugverwelkom in George.
Fotogalery: George verwelkom Bianca
Toe sy na buite stap het oorverdowende applous losgebars. Leerlinge en onderwyspersoneel van die Hoërskool Outeniqua waar sy in 2011 'n gr.12- leerling was, was onder diegene wat haar toegejuig het.
Van haar branderplankvriende het 'n erewag met branderplanke gevorm.
Lede van die koor van die Life Christian Academy het Suid-Afrika se volkslied vir haar gesing. Sy het ook geduldig vir foto's saam met ondersteuners geposeer.
Later het sy op 'n triomftog op 'n voertuig onder begeleiding van wetstoepassers deur George se strate vertrek.
Kyk die video's hieronder:
Groot opgewondenheid by George lughawe vir Bianca se aankoms. Video: Eugene Gunning
Groot opgewondenheid. Video: Eugene Gunning
Burgemeester verwelkom Bianca. Video: Eugene Gunning
George Herald gesels met Bianca met haar aankoms in George. Video: Eugene Gunning
Familie verwelkoming. Video: Eugene Gunning
Kyk wie is hier. Video: Eugene Gunning
Roerende verwelkoming. Video: Eugene Gunning
Life Christian Academy verwelkom Bianca met sang. Video: Lizette da Silva
Triomftog begin. Video: Eugene Gunning
Bianca saam met George Herald joernalis, Eugene Gunning.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'