GEORGE NUUS - Bianca Buitendag, George en Victoriabaai se eie silwermedaljewenner by die Olimpiese Spele, is op pad terug Suid-Afrika toe.
Sy sal waarskynlik in die loop van môreoggend, Saterdag 31 Julie, in George aankom.
Sy sal dan met trots haar silwermedalje kan wys wat sy Dinsdag in die branderplankrykompetisie gewen het.
Buitendag is die eerste Suid-Afrikaanse medaljewenner wat terugkeer na die land.
Die 27-jarige Buitendag het vroeg vanoggend per WhatsApp aan George Herald bevestig dat sy op pad terug is.
Dit gaan goed met haar en kan nie wag om weer terug te wees by die huis nie. Sy sien daarna om net weer in die water by Victoriabaai te spring.
“Ek gaan ook ‘n event reël vir meisies wat wil leer om te surf,” het sy gesê. Dit sal seker einde Augustus wees en meer besonderhede sal later bekendgemaak word.
Bianca Buitendag met haar silwermedalje in Tokio, Japan.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'