GEORGE NUUS - George-munisipaliteit se bestuurslisensie-afdeling doen 'n beroep op lede van die publiek wie se leerlinglisensies voor 31 Januarie 2021 verval, om vanaf 3 Augustus besprekings te begin maak vir bestuurslisensies.
Vanaf hierdie datum sal die departement ook help met besprekings van leerlinglisensies.
Die bestuurslisensie-afdeling is geleë in Missionstraat, Pacaltsdorp - navrae aan 044 878 2400.
Oop vir die publiek van 08:00 tot 15:00, Maandag tot Vrydag.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'