GEORGE NUUS - As geestelike voorbereiding vir Lydensweek en Paasfees, het die gemeenskap die geleentheid om die geskiedenis van Jesus se lewe op aarde, in sy geheel, aan te hoor.
Die evangelie van Johannes (2020-Bybelvertaling) word aaneenlopend voorgelees om 'n geheelbeeld te gee en sodoende 'n beter begrip van Jesus se lewe, sy dade en woorde, sy boodskap en sy werkwyse te kan vorm.
Die geleentheid vind Saterdag 1 April by die NG Moederkerk George plaas en duur van 08:50 vir 09:00 tot ongeveer 12:00.
Daar sal twee kort asemskeppies van 10 minute tussenin wees - omtrent 09:50 tot 10:00 en 10:50 tot 11:00.
Die gehoor word versoek om nie by die kerk in of uit te gaan terwyl daar voorgelees word nie.
Tee en koffie sal agterna in die Langgebou beskikbaar wees.
Almal is baie welkom om in hierdie ervaring te kom deel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’