Update
GEORGE NUUS - Inwoners van Oubaai en Heroldsbaai het sakke vol splinternuwe beddegoed, klere en skoolskoene aan slagoffers van die onlangse brand in Rosedale-plakkerskamp geskenk.
Filda Martin (agter, derde van regs) is een van die begunstigdes wat Woensdagmiddag die ruim skenking in ontvangs geneem het.
Suzette Hamel (tweede van regs) van Oubaai, het die inisiatief gekoördineer.
Die Spar in Pacaltsdorp het gehelp met kruideniersware kort na die brand.
Nuwe skoolskoene vir klein voetjies.
Inwoners van Oubaai en Heroldsbaai het gesorg dat die kinders van Rosedale-plakkerskamp wat hul huise verloor het, minstens nuwe skoolskoene het.
Lees 'n verwante artikel: Rosedale-brand saai verwoesting
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'