GEORGE NUUS - ‘n Voorval waarin ‘n motor met ‘n halwe baksteen gegooi is het gistermiddag, Maandag 3 Junie, omstreeks 14:00 op die N2 tussen Thembalethu en die Garden Route Mall plaasgevind.
Volgens die bestuurder, Kobus Junies van Pacaltsdorp, was hy onderweg vanaf Thembalethu na Pacaltsdorp toe die baksteen sy voertuig onder die nuwe voetbrug tussen Conville en Thembalethu, tref.
Hy was alleen in die motor en die baksteen het op die passasiersitplek te lande gekom. Niemand is tydens die voorval beseer nie.
“Ek wil net ander motoriste waarsku om op hul hoede te wees wanneer hulle in dié area ry. Dit is moontlik net ledige kinders, maar ‘n mens kan nooit té versigtig wees nie. Gelukkig was daar niemand saam met my in die kar nie anders kon dit lelik geraak het,” sê hy.
Die voorval is by die polisie aangemeld.
‘n Halwe baksteen is gistermiddag in die kar gegooi.
Die voorval is by die polisie aangemeld.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'