GEORGE NUUS - Die pianis Ammiel Bushakevitz is op besoek in George en sal eerskomende Woensdag, 5 Desember, ‘n etensuurkonsert in die NG Moedergemeente aanbied. Die konsert begin om 13:00 en sal teen 14:00 klaar wees.
Die musikale drie Bushakevitz-sibbe het in George grootgeword en is goed bekend aan George-gehore.
Ammiel het na skool met ‘n Unisa-beurs in Leipzig verder studeer en tree vandag op in konsertsale dwarsoor die wêreld. Benewens sy solo-optredes is hy ook ‘n uiters bekwame liedbegeleier.
Woensdag se konsert sluit werke van Schubert en Lizt in. Donasies sal ingesamel word ten bate van Georgiete wat met gemoedsversteurings leef.
Wêreldberoemde pianis, Ammiel Bushakevitz, kom George toe.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'