GEORGE NUUS - Sewe babas, almal seuns, is op Kersdag in George gebore.
Klein Berge Winterbach was die enigste baba wat by Mediclinic George sy opwagting gemaak het, 'n week vroeg.
By die George-hospitaal was Christopher Stafa die eerste van ses seuntjies wat die eerste lewenslig aanskou het.
Sy trotse ma, Fundiswa, het hom om 04:40 in die lewe gebring.
Franis en Elzaan Winterbach het 'n kosbare geskenk ontvang toe hul eersteling, Berge, op Kersdag gebore is. Foto: Alida de Beer
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'