GEORGE NUUS - George-musiekskool se studente is vanjaar op die wenpad. Drie studente het die drie sangbekers ingepalm by die plaaslike Jong Musikante-kompetisie asook die drie sangbekers by die George-eistedfodd.
By die eistedfodd het Marelise Coetzee die Senior Pop Rock en Jazz-afdeling gewen, Henco Bester die Junior Pop Rock en Jazz-afdeling, en Jodi-Ann Michael die Junior Vokale-trofee.
Die drie is ook gekies vir die Eistedfodd-feeskonsert waar Marelise Angel van Sarah McLachlan gesing het en Jodi-Ann musikale cabaret met Loverly.
Henco het die gehoor gaande gehad met sy humoristiese musikale cabaret-weergawe van Mphe die hoender.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'