GEORGE NUUS - Die Tuinroete-distriksraad het by sy maandvergadering op Woensdag 25 Oktober 'n maatskaplike behuisings-projek goedgekeur wat ongeveer 166 wooneenhede sal verskaf.
Die eenhede sal geleë wees op 'n perseel in Omegastraat wat aan die munisipaliteit behoort.
Hierdie loodsprojek vorm deel van 'n strategiese plan vir bekostigbare behuising wat in die 2021/2022 finansiële jaar goedgekeur is.
Die munisipaliteit het op Vrydag 27 Oktober in 'n verklaring gesê in terme van die plan is 'n behuisingsvennoot aangestel vir die verskaffing van maatskaplike behuisingsgeleenthede in goed geleë gebiede om sodoende op lang termyn sosiaal-ekonomiese integrasie te fasiliteer.
Die vennoot is deur die Regulatoriese Owerheid vir Maatskaplike Behuising (SHRA) geakkrediteer.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’