Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Thomasstraat in Borcherds is gepak met politieke stalletjies.
Kinders, kiesers en troeteldiere deel almal in die vreugde van Stemdag. Musiek speel in die straat voor die stemsasie by Kidstop en mense is in 'n goeie luim.
Christeline Sampson (19) stem vandag vir die eerste keer. "Ek is op my senuwees!" het sy gesê. "Dis die eerste keer wat ek my kruisie trek."
Politieke partye staan vir 'n groepfoto in Thomasstraat, Borcherds.
Katriena Blignaut (voor) , 'n Good-ondersteuner, het vandag haar kruisie getrek by Kidstop in Borcherds. Saam met haar is Juliana Blignaut, Vida Josephs en Elroy Avontuur. Foto's: Michelle Pienaar
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'