Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die VF Plus se party agent Pieter Velthuizen sê hulle het al 04:00 kom stalletjie opslaan voor die NG Kerk Denneoord.
"Mense moenie dat die reën hulle afskrik nie, kom stem!" het Velthuizen gesê.
Die DA se wykskandidaat vir wyk 18, Donovan Gultig, het gesê hy wil na die afloop van die verkiesing twee bome, 'n Outeniqua Geelhoutboom en 'n Wildepruim, naby die Katrivier in Madeliefiestraat plant.
Fotogalery: Election Day in George
Hoofverkiesingsbeampte Candice Strydom is tevrede met die vloei van die kiesers: "Ons is 'n klein stasie met 'n klein span, maar ons is dankbaar dat kiesers hier beskut is, onderdak, teen die reën. Die reën gaan nie ons kiesers weghou nie!"
Video: DA wykskandidaat wil bome plant
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'