GEORGE NUUS - 'n Kragonderbreking het gevolg ná 'n man Sondagaand omstreeks 22:30 'n ongeluk in Taurusstraat gemaak het.
Geen beserings is aangemeld nie.
Volgens ooggetuies, is die man in sy swart Peugeot, glo op die toneel in hegtenis geneem vir dronkbestuur.
Munisipale werkers was vroeg die volgende oggend op die toneel om die kragtoevoer te herstel.
In hierdie stadium is die presiese rede vir die kragonderbreking onbekend.
Die voertuig is Sondagaand weggesleep.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’