Update
GEORGE NUUS - Shaun Arries (27), die man wat verdink word van die moord op die plaaslike brandweerman, Warwick Fischer (33) sal weer op Maandag 25 Maart in die hof verskyn vir sy borgtogaansoek.
Fischer is aangeval toe hy Sondagoggend, 15 Oktober 2023 omstreeks 05:20, glo besig was om sy hek na die ingang van sy huis in Brucestraat, Borcherds, te sluit.
Hy het steekwonde aan sy nek en rug opgedoen in wat blyk 'n rooftog te wees.
Die motief agter die moord is nog nie bekend nie. Fischer het daarna in sy eie voertuig geklim en self na die hospitaal probeer ry.
Op pad hospitaal toe het hy sy bewussyn verloor en in 'n huis in Kroghstraat vasgery.
Fischer is kort daarna per ambulans na die hospitaal geneem waar hy met sy aankoms dood verklaar is.
Arries is dieselfde dag op aanklag van moord in hegtenis geneem en is steeds in aanhouding.
Vorige artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’