Update
GEORGE NUUS - Die man, Shawn Arries (27), wat verdink word van die moord op die plaaslike brandweerman, Warwick Fischer (33) sal weer op Woensdag 28 Februarie in die hof verskyn.
Fischer is aangeval toe hy Sondagoggend, 15 Oktober 2023 omstreeks 05:20, glo besig was om sy hek na die ingang van sy huis in Brucestraat, Borcherds, te sluit.
Hy het steekwonde aan sy nek en rug opgedoen in wat blyk om 'n rooftog te wees. Die motief agter die moord is nog nie bekend nie.
Volgens sers. Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het Fischer daarna in sy eie voertuig geklim en self na die hospitaal probeer ry.
Op pad hospitaal toe het hy egter sy bewussyn verloor en in 'n huis in Kroghstraat vasgery. Fischer is kort daarna per ambulans na die hospitaal geneem waar hy met sy aankoms dood verklaar is.
Arries, is dieselfde dag in hegtenis geneem op 'n aanklag van moord en is steeds in aanhouding.
Vorige artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’