Sponsored Content
SAKENUUS - Vir die 12de keer sedert 2008 bied KD Fourie, jare lange eienaar van Herold’s Bay Resort (bestaande uit Die Bush Lapa en Down to Earth Venues) in Heroldsbaai en Byron Minnie, 'n Desember-musiekprogram aan met topklas Suid-Afrikaanse kunstenaars wat alle musiekliefhebbers opgewonde sal maak.
Die jaarlikse Bush Lapa-konsertreeks het reeds op 3 Desember afgeskop en met kunstenaars soos, Demi-Lee Moore, Die Heuwels Fantasties, Juan Boucher, Jo Black, Francois van Coke, Fatman, Elandré en Jakkie Louw wat nog voorlê, beloof dit om 'n vuurwarm geselligheid te wees.
Vrydag 17 Desember, was Jack Parrow op die verhoog en die Desember-program eindig op 'n hoë noot met Prime Circle op Maandag 3 Januarie.
Die musiekprogram het beslis 'n hoogtepunt in George en omliggende dele se vermaaklikheidskalender geword en dit bied ook 'n platform vir plaaslike kunstenaars van die Suid-Kaap tydens voorvertonings.
"Die geleentheid word deur die George-munisipaliteit en -toerisme ondersteun en is 'n integrale deel van toerisme in die streek," sê Fourie.
Besoekers en inwoners van George sien jaarliks uit na dié program met sy gemaklike, familie vriendelike atmosfeer, heerlike kos wat op die perseel voorberei word, fantastiese musiek en lekker mense.
Die ander, ook baie gewilde, Down to Earth Venue, is 'n gunsteling onder gaste vir hul heerlike ontbyt- , middag- en aandetes en bied 'n asemrowende seeuitsig vanaf die houtdek wat mense na hul asems laat snak. Beslis ook ’n goeie opsie vir selfs net skemerkelkies.
Down to Earth Venue, is 'n gunsteling onder gaste vir hul heerlike etes en bied 'n asemrowende seeuitsig vanaf die houtdek. Beslis ook ’n goeie opsie vir selfs net skemerkelkies.
Streng Covid-19-maatreëls word te alle tye toegepas deur gebruik te maak van 'n Covid-19-nakomingskonsultant. Sekerheidswagte sowel as mediese personeel word tydens vertonings gebruik om almal se veiligheid te verseker. Daar is selfs 'n saniteringspan wat tussen gaste beweeg!
Kaartjies wissel tussen R100 en R200 met vier prysklaskategorieë vir elke vertoning.
Vir meer inligting skakel 079 404 5875 / 061 692 2773 / 082 334 4340 / 044 851 0113 of stuur 'n e-pos na admin@heroldsbayresort.co.za
Kaartjies kan direk by www.webtickets.co.za bespreek word.
Die program eindig op 'n hoë noot met Prime Circle op Maandag 3 Januarie.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'