GEORGE SAKE NUUS - Die TJ Motortoetsstasie in George Industria lewer die afgelope vyf jaar ‘n uitmuntende diens met die toets van motors en vragmotors.
"Ons lewer hierdie diens aan individue en maatskappye met vlootvoertuie. Wetgewing sal binnekort vereis dat alle voertuie ouer as 10 jaar een keer per jaar getoets sal moet word om voortgesette padwaardigheid te verseker.
"Ons reik alle padwaardigheidsertifikate uit. Iemand wat dus ‘n gebruikte voertuig wil aankoop, kan gemoedsrus verkry en die voertuig eers na ons bring vir ‘n deeglike ondersoek," sê Eugene Labuschagne, die eienaar.
Voertuie word heel eerste aan ‘n visuele toets onderwerp en die enjin- en onderstelnommer gekontroleer.
Daarna word elektroniese Duitse toerusting ingespan waarmee hoogs akkurate toetse op remme, ligte, wielsporing, onderstelle en bande se loopvlakke gedoen word. Al die toerusting voldoen aan streng vereistes van die nasionale padverkeerower-hede en ook SABS-riglyne.
Die inligting wat ná ‘n inspeksie op die stelsel is, is aan die nasionale rekenaar-stelsel gekoppel.
"Sommige inspeksies word byna soos ‘n mediese toets beplan. Die ondernemings bespreek vanjaar al volgende jaar se toets wanneer hulle klaar is," sê Eugene.
TJ Motortoetsstasie is geleë op die hoek van Nywerheid- en Laingstraat in George Industria. Skakel hulle by 044 874 7057 of stuur ‘n e-pos na tjtoets@gmail.com.