Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Tekkie Town het verlede jaar in Oktober 'n maatskappy-wye oefening gedoen om te sien wat hulle verwagting vir Desember kan wees.
Een van hulle adminklerke, Sharon Jansen, het by die vergadering vir hul 'n teiken gestel wat hoogs onwaarskynlik haalbaar was.
Bernard Mostert, die hoof uitvoerende beampte van Tekkie Town, het toe voor almal vir haar gesê as hulle daardie teiken haal, dan sal hy van die een gebou (van Tekkie Town se hoofkantoor) tot die ander in 'n speedo loop!
Dit het 'n heel ander momentum aan hulle besigheid gegee en het vir die hele span 'n bietjie van 'n 'war-cry' geword om die teiken te haal.
Deel van die bemarkingsaksies wat geloods was oor hierdie periode, was 'n 8-bladsy Tekkie Town-bylaag wat gedruk en uitgegee is deur Group Editors en Caxton.
Duidelik het hulle toe die teiken gehaal want gister moes Bernard sy 'skuld betaal'!
Kyk 'n video hieronder.
VIDEO & PHOTO: MARINDA FOURIE, PURE AND SIMPLE PRODUCTIONS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'