Advertorial Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Redi-Pac, 'n dinamiese verpakkingsbesigheid, vier hierdie jaar hulle tiende bestaansjaar aan die Tuinroete, met die bekendstelling van hulle nuwe, unieke produkreekse, keurig uitgesoek vir spesiale geleenthede, funksies en troues.
Die winkel geleë by Commercial Close 2, George, is opgeknap en spog nou met 'n vertoonlokaal en konsultasiearea, waar die publiek na hartelus aankope kan doen en inspirasie kan vind uit die temas en verpakkingsidees wat regdeur die winkel vertoon word.
In lyn met Redi-Pac se visie om by te dra tot die beskerming van ons planeet en mens, is hulle strewe om nie net produkte te verskaf wat funksioneel en uniek is nie, maar ook waar moontlik eko-vriendelik is.
Omdat hulle besef dat tydsbestuur vandag 'n uitdaging vir almal is, bied hulle ook 'n afleweringsdiens en produkkonsultasie, om die proses vir hulle klante 'n bietjie makliker te maak.
Klante kan instap en ballonne met helium kry, boksies en emmertjies vir kinderpartytjies, 'n pragtige verskeidenheid lint en oulike geskenke in hulle nuwe vertoonarea.
Redi-Pac se aanlynwinkel maak dit ook vir almal moontlik om met die druk van 'n knoppie die produkreekse te besigtig en bestellings te plaas.
Volg die Redi-Pac Facebook-blad vir gereelde plasings en idee-inspirasie.
Kleinbesigheidseienaars in die voedselindustrie kan gerus gaan inloer en kies en keur uit die wye reeks verpakkingsmateriaal en nuwe reeks geurige speserye en souse.
Redi-Pac bied 'n wye reeks produkte aan, onder andere bokse beskermende verpakking, glas, deli en bakery, skoonmaakmiddels, souse en speserye, geskenk en partytjie, industriële en Agri-verpakkings.
Kyk 'n video hieronder:
Eienaars Dewald de Waal en Judy sê dat die kundigheid en ervaring van hulle personeel deel van hulle wenresep is.
Redi-Pac verkoop klein hoeveelhede direk aan die publiek.
Besoek hulle webtuiste by www.redipac.co.za of gaan loer in by hulle winkel.
Kontak hulle by 044 871 4475 vir al jou verpakkingsbehoeftes.
Die personeel en eienaars van Redi-Pac hier in George.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'