Advertorial Video
TUINROETE SAKENUUS EN VIDEO - Mosselbaai Radiologie het 'n splinternuwe fasiliteit in Mosselbaai wat spesifiek vir mammografie ingerig is. Die nuwe gebou by Da Gamastraat 5, Da Nova, is sentraal in Mosselbaai asook naby die Life Bay View-hospitaal geleë.
Hierdie ervare radioloë se hoë gehalte, individuele aandag en opregte besorgdheid oor hul pasiënte, waarvoor hulle reeds jare bekend is, word nou voortgesit in 'n fasiliteit met topgehalte tegnologie wat fokus op die gerief van vroue.
Vroulike radiografiste, wat almal by die HPCSA geregistreer is, werk hand-aan-hand met die radioloë. Boonop kan jy as vrou jou mammogram doen waar jou privaatheid as 'n eerste prioriteit beskou word.
Pasiënte se gerief is vir hierdie radioloë belangrik en saam met die strelende agtergrondmusiek, is die binneversiering smaakvol en modern afgerond.
Kyk 'n video hieronder:
Dokter Henry Bartlett sê sy pasiënte moes voorheen deur hospitaalgange loop om by die mammogramkamer in te gaan.
"Ons het besluit om uit te brei sodat vroue apart vir hierdie tipe ondersoeke kan gaan, in 'n rustige omgewing, waar hulle veilig en privaat kan voel."
Dokter Henry Bartlett en sy personeel by die ontvangsarea van die splinternuwe gebou.
Bartlett sê die nuwe fasiliteit is alles-in-een en kan opgesom word as 'n vrouekliniek. "Hier is 'n sonarkamer, mammogramkamer, 'n beendigtheidskamer en 'n X-straalvertrek. Ons kan dus 'n verskeidenheid dienste onder een dak lewer."
Die nuwe gebou bied genoeg parkering en is ook ten volle toegerus vir rolstoelgebruikers.
Hoogstens twee vroue sal per keer in die afsonderlike wagkamer wag.
Die dokters se dagboek is ook op datum en pasiënte kan dus vinnig gehelp word, sonder om maande lank vir 'n afspraak te moet wag. Die radioloë glo in topgehalte diens en beskik oor die nuutste volveld digitale mammogrammasjien. Besoek Mosselbaai Radiologie vir die beste diens waar elke vrou se behoeftes tel.
Mossel Bay Radiology has a brand-new facility specifically designed for mammography. The new building at 5 Da Gama street, Da Nova, is centrally located in Mossel Bay and close to the hospital. The facility operates with top quality technology and women can have their mammograms done in a building where privacy is a top priority.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'