Advertorial
BESIGHEIDS NUUS - Rauch Gertenbach is sedert 1919 een van die voorste regspraktyke in die Suid-Kaap.
Met 'n trotse geskiedenis, wat oor meer as tien dekades strek, is hulle vasbeslote om hul goeie verhoudinge met kliënte van George, Mosselbaai, die Groter Suid-Kaap en die Karoo voort te sit, te versterk en daardeur kliënte se hoogste verwagtinge te oorskry.
Dit is dan geen verassing dat hulle onlangs ‘n toegewyde jong prokureur met ‘n borrelende passie vir wat sy doen, aangestel het nie.
Eljo van der Walt (31) het in 2011’n meestersgraad in regte (LLM) aan die Universiteit van die Vrystaat voltooi.
Daarna het sy vir vyf jaar by die bekende Honey Prokureurs in Bloemfontein gewerk voor sy aan die begin van 2018 by Rauch Gertenbach, hier in George, aangesluit het.
Rauch Gertenbach se visie is om alle velde van die reg te dek en met Van der Walt se aanstelling was dit die oogmerk.
Met litigasie (waaronder egskeidings) en arbeidsreg as haar spesialiteitvelde bring sy groot waarde na die tafel.
“Ek het ‘n absolute passie vir die reg. Elke kliënt se saak is my prioriteit en word met uitnemendheid hanteer en afgehandel. Géén saak is te groot of te klein nie,”sê sy.
Met kantore in Mosselbaai en George bied Rauch Gertenbach Prokureurs aan kliënte die volgende spesialisdienste:
- Aktes
- Derde party aanspreeklikheid- en Padongeluksfondseise
- Algemene litigasie
- Egskeidings
- Kommersiële reg, Kontrakte
- Arbeidsreg
- Strafreg
- Besigheidsredding
- Boedelbeplanning
- Likwidasies en Insolvensies
Deur werksverhoudinge met ander hoogs gekwalifiseerde regslui is hulle nie beperk tot die onmiddellike omgewing nie en kan sodoende kliënte regoor die land bedien.
Vir al u regsbehoeftes besoek hulle gerus by 120 Yorkstraat, George, skakel hul kantore by 044 601 9900 of stuur 'n e-pos na office@rgprok.co.za.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'