Advertorial
GEORGE SAKE-NUUS - Dr. René Immink, 'n algemene internis wat onlangs van Kaapstad af verhuis het, sal vanaf 3 Desember van die Mediclinic George in privaat praktyk praktiseer.
Sy neem dr. Alwyn Beetge se praktyk oor en sal vanaf dieselfde perseel by Prince Vincent Square praktiseer.
Dr. Immink is 'n gebore en getoë Vrystater wat haar voorgraadse sowel as nagraadse studies aan die Universiteit van die Vrystaat voltooi het. Sy behaal haar MBChB einde 2007 waarna sy haar twee jaar internskap by die Pelonomi- en Universitas-hospitale (onderskeidelik) voltooi.
Sy beywer haar sedert 2010 in die veld van interne geneeskunde tydens haar gemeenskapsdiens by
3 Militêre Hospitaal in Bloemfontein, gevolg deur haar spesialisasie in interne geneeskunde aan die Universiteit van die Vrystaat. Einde 2014 behaal sy haar FCP (Fellow of the College of Physicians) en haar meestersgraad in interne geneeskunde.
Met dié agter die rug, het sy haar eie privaat praktyk by Mediclinic Contantiaberg in Kaapstad geopen en bedryf vanaf 2015 tot en met einde 2018.
Sy is getroud met Pieta Strauss, 'n kommersiële prokureur. Hulle het twee dogtertjies Elizabeth (twee en 'n halwe jaar) en Sopia (vier maande). Pieta beplan om sy eie korporatiewe en kommersiële regspraktyk te open en te bedryf vanaf George.
Die gesin geniet familietyd en sien daarna uit om hulle kinders goot te maak in George met die hoop op 'n meer ontspanne leefstyl.
Dr. Immink se praktykadres: Prince Vincent Square 11, h/v Yorkstraat en Gloucesterlaan Tel: 044 801 5700
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'