GEORGE NUUS - Dis Lente en tyd vir feesvier!
Die Plantjie Kwekery se jaarlikse Lentefees vind dié Saterdag, 4 September plaas en beloof om weereens gróót pret vir oud en jonk te wees.
Kom geniet ‘n kleurvolle vlooimark, biertent, kosstalletjies en vermaak vir die kleinspan. Daar gaan natuurlik ook lekker loslit musiek wees om die dag nóg lekkerder te maak!
Besoekers moet ook nie vergeet van die dag se spesiale aanbiedinge op plante- en tuinbykomstighede nie.
"Ons bied hierdie jaar Bonsai- en Clivia-werkswinkels aan gedurende die fees," vertel kwekery-eienaar, Gerhard Dyzel. "Kom ontmoet die lede van die Bonsai-klub en verskeie Clivia-kwekers wat hul kennis met ons gaan deel."
Kontak Icy Hugo, Plantjie Kwekery-bestuurder by 072 699 4182 vir verdere inligting oor hierdie werkswinkels.
"Die Lentefees is altyd groot pret," voeg Gerhard by. "Ons nooi almal om tussen 09:00 en 16:00 te kom inloer, Ma en Pa, Ouma en Oupa en die kinders, hier gaan beslis iets vir almal wees!"
Jou gunstelingkwekery
Die Plantjie Kwekery is ‘n bekende familiebesigheid op die lughawepad, sowat 4 kilometer buite George.
Besoekers kan hier uit ‘n groot verskeidenheid plante, struike, saad en kompos en ander tuinbenodigdhede kies. Die vriendelike personeel is altyd gereed met goeie raad en tuinmaak-wenke.
Bestuurder Icy Hugo het meer as 20 jaar se ondervinding in die kwekery- en landskapperingsbedryf. Nader hom gerus met alle tuinkwessies.
Pragtige tuin-ornamente van Southern Cape Fountains - ‘n plaaslike maatskappy wat ‘n uitgebreide reeks betontuinprodukte vervaardig - is ook by die kwekery beskikbaar.
Skakel Kevin Brown by 082 829 5866 vir meer inligting oor die Southern Cape Fountains-reeks.
Die Plantjie Restaurant is die ideale wegbreekplek vir ‘n lekker ontbyt of middagete.
Die Plantjie Restaurant is ook volledig gelisensieerd en is beskikbaar vir funksies.
Bespreek gerus deur 044 876 9971 te skakel.
Vir enige verdere inligting oor die Plantjie Kwekery, skakel gerus vir Gerhard Dyzel by 044 876 9169.