Advertorial
MOTORNUUS - Een van die bekendste motorhandelaars op Oudtshoorn, Klein Karoo Motors, het onlangs na 'n nuwe perseel by die Totalvulstasie op die hoek van Baron van Reedeen St Saviourstraat verskuif.
Die skuif het plaasgevind nadat George Botha, eienaar van Klein Karoo Motors, die vorige perseel op die hoek van Langenhovenweg en Hoogstraat verkoop het.
Klein Karoo Motors is in 1998 gestig en vier vanjaar hulle 22ste jaar van puik en betroubare diens op die dorp.
Volgens Botha kan die ononderbroke diens in 'n taai en dikwels onvoorspelbare bedryf, aan die eerlike wyse waarop hulle besigheid doen, toegeskryf word.
Met die verskuiwing na die nuwe perseel waar Koos Schoeman reeds sedert 1984 sake bedryf, snoer hy en Botha nou hulle gesamentlike kennis en ervaring van ongeveer 90 jaar saam. Hiermee kry kliënte die versekering van motortransaksies van hoë gehalte en waarde.
"Vir die meeste mense is 'n motoraankooptransaksie 'n opwindende en emosionele ervaring en om hierdie rede is topgehalte motors en voortreflike diens vir ons ononderhandelbaar. Om die tevredenheid en lekkerkry op ons kliënte se gesigte te sien lank nadat hul 'n motor by Klein Karoo Motors aangekoop het, is elke keer vir my 'n riem onder die hart. Ons doen ook sake landwyd en is verstom oor die kliënte wat ons telkemale weer kontak vir verdere motoraankope op 'n latere geleentheid," sê Botha.
Klein Karoo Motors beskik oor 'n wye verskeidenheid gehalte gebruikte voertuie van verskeie fabrikate. Botha gee die versekering dat elke voertuig oor 'n volledige diensrekord beskik en eers deur van die dorp se beste motorwerkswinkels geïnspekteer word, alvorens dit op die vertoonlokaal se vloer te koop aangebied word.
As motorhandelaar is Klein Karoo Motors 'n Blue Chip lid van die IDA (Independent Dealer's Association) van Suid-Afrika en goedgekeurde handelaar by Absa, Wesbank, MFC en Standard Motor Finansiering om nommerpas finansiering vir kliënte te beding. Die span van Klein Karoo Motors is opgewonde oor die toekoms en nooi voornemende motorkopers om hulle diens op die proef te stel.
"Kom loer gerus by ons in wanneer u op soek is na 'n motor en ons verseker u tevredenheid met u aankoop, " nooi George Botha, Koos Schoeman en Johan Kruger die verkoopskonsultant.
Besoek Klein Karoo Motors in Baron van Reedestraat, Oudtshoorn. Kontak George en Johan op tel no 044 272 8527 of by kleinkaroomotors@gmail.com. Volg hul ook op Facebook.
Vir die skoonste gebruikte motors in die Suid-Kaap.
Klein Karoo Motors se nuwe perseel is nou in Baron van Reedestraat. Klein Karoo Motors is in 1998 gestig en lewer reeds 22 jaar lank diens op Oudtshoorn. Foto's: Hannes Visser
Een van die spogvoertuie met 'n volledige diensrekord wat te koop is.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo en Hessequa nuus'