Advertorial
SAKENUUS - Wild wilder wildste! Laerskool George-Suid is hard aan die woel met hul Wilde Affêre-fees wat in samewerking met Wildman George op Vrydag 29 April en Saterdag 30 April aangebied word.
Vrydag se aktiwiteite sluit in wilde speletjies, 'n worskompetisie, blitsnetbal vir besighede en 'n familie-fliekaand (18:30 tot 20:30) by Laerskool George-Suid se skoolterrein.
Leerders van Hoërskool Outeniqua gaan besoekers vermaak met 'n wilde modeparade (18:00 tot 18:30). Heerlike geregte en lekkernye sal by kosstalletjies te koop aangebied word.
By die skool
'n Wilde speletjies-kaartjie kan by die skool gekoop word teen R100 'n kaartjie. Dit gee jou toegang tot 'n verskeidenheid wilde speletjies waaronder rotsklim, verfbal, perdry, toutrek, waatlemoengeveg, "rocket" en 7's-rugby. Hierdie speletjies sal vanaf 13:00 tot 17:00 op LGS-velde aangebied word.
Vir die worskompetisie gaan 'n verskeidenheid slaghuise en blokmanne in George teen mekaar meeding om te bepaal wie die beste wors kan maak. Die vure word reeds om 15:00 aangesteek. Vir meer inligting oor die worskompetisie kontak die skool direk.
Besighede in George kompeteer ook vanaf 15:00 teen mekaar op die netbalbaan en dit sorg altyd vir groot opwinding. Vir meer inligting oor die blitsnetbal kontak Leane Labuschagne by leanewp@gmail.com.
Wilde dinge
Ander wilde aktiwiteite, soos 'n visvang-kompetisie, diepseehengel en 'n Amazing Race, word op Saterdag 30 April by verskeie punte in en om George aangebied.
Alle teikenskiet-aktiwiteite sal beide dae (29 en 30 April) by die skietbaan op die lughawepad plaasvind. Hierdie pakkette kan by Wildman George bespreek word en sluit 'n verskeidenheid opsies met verskillende wapens in. Daar is slegs 'n beperkte aantal plekke beskikbaar.
Vir die diepseehengel sal deelnemers Saterdag 30 April vroeg uit die vere wees en diegene wat aan die visvangkompetisie in Wilderness deelneem sal lyn natmaak by Leentjiesklip.
Vir enige navrae kontak Laerskool George-Suid by 044 873 3464 of bemarking@lgs.co.za; vind 'n volledige program by www.lgs.co.za.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'