Advertorial Video
SAKENUUS - Herlaai bring ‘n Afrikaanse musiekfees na George vir die eerste keer in Oktober vanjaar.
Die konsert vind plaas by Outeniquapark op 15 Oktober, met Refentse, Elandré, Bok van Blerk en Spoegwolf op die verhoog.
Dit is ‘n geleentheid om saam met vier top-Afrikaanse kunstenaars te kuier in ‘n gesellige piekniek-atmosfeer saam met familie en vriende. George Herald is die mediaborg.
Volgens die organiseerder, Rex van Deventer, wil almal na Covid net herlaai en kuier – vandaar die inspirasie om die Herlaai-musiekfees op die been te bring. Met vier vertonings vir vanjaar, waarvan twee reeds in die Paarl en Pretoria plaasgevind het, sluit Herlaai hul konsertreeks af met hul laaste fees in George.
“Ons los die lekkerste vir laaste,” het Mione Snyman, konsertreekorganiseerder, gesê.
Kaartjie pryse wissel tussen R75 en R250 met gratis toegang vir kinders onder 12 jaar.
Volg die skakel om kaartjies te bespreek of besoek die Herlaai-webtuiste by www.herlaai.co.za
Talentsoektog
Plaaslike musikante kan deelneem aan Herlaai se talentkompetisie vir ‘n kans om voor die konsert op die verhoog te verskyn.
Deelnemers tussen die ouderdom van 7 en 35 jaar skryf in met hul weergawe van ‘n liedjie wat deur een van die vier feeskunstenaars gesing/gespeel word.
Deelnemers moet binne ‘n 50 km-radius van George-sentraal woon. Inskrywings sluit op 25 Augustus.
Skryf só in
Belangstellendes kan inskryf deur TikTok of WhatsApp:
TikTok - Plaas jou inskrywing, saam met die volgende besonderhede en hutsmerke, op jou TikTok blad: naam en van, ouderdom, dorp, kontak details, jou gunsteling Herlaai 2022-kunstenaar saam met wie jy wil sing, bv. #HerlaaiBok, en die hutsmerke: #HerlaaiTalent #Herlaai #JouProvinsie #JouTaal #JouKonsert en merk @Herlaai. Sodra Herlaai die @Herlaai-kennisgewing ontvang, sal jou inskywing op die Herlaai TikTok-blad gedeel word.
WhatsApp - WhatsApp jou inskrywing na 082 448 4569, saam met die volgende besonderhede en hutsmerke: naam en van, ouderdom, dorp, kontak details, jou gunsteling Herlaai 2022-kunstenaar saam met wie jy wil sing, bv. #HerlaaiBok, en die hutsmerke: #HerlaaiTalent #Herlaai #JouProvinsie #JouTaal #JouKonsert.
WhatsApp-videos sal een keer per dag op Herlaai se TikTok-blad gelaai word.
Dit is die deelnemer se verantwoordelikheid om hul inskrywing te deel en stemme te werf. Inskrywings wat nie aan die reëls voldoen nie sal outomaties gediskwalifiseer word.
Semi-finaliste
Semi-finaliste sal op 28 Augustus deur Herlaai in kennis gestel word. Hul name sal ook verskyn op Herlaai se sosiale media-platforms. Semi-finaliste moet op 1 September twee liedjies wat deur Herlaai-kunstenaars vertolk word, aanbied. Hierdie is ‘n geslote deelname met slegs semi-finaliste en drie beoordelaars in die oudisielokaal.
Ultimate fan-kompetisie
As jy in besit is van ‘n Herlaai-konsertkaartjie vir George se konsert in Oktober, uitgereik in jou eie naam en van, kan jy aan hierdie opwindende kompetisie deelneem.
Jy moet vir Herlaai bewys dat jy hulle grootste aanhanger is deur plasings op sosiale media van die komende konsert. Deel Herlaai se plasings op Facebook, Instagram, TikTok en Twitter en “tag” Herlaai met elke plasing. Gebruik die hutsmerke: #herlaai2022 #herlaaitalent #ultimatefan #joudorp #joumense #joumusiek #jouprovinsie #joutaal #joukonsert #spoegwolf #bokvanblerk #elandré #refentse #george #afrikaans #musiek #fees #familie #kuier #vriende #samesyn
Vyf semi-finaliste sal op 9 Oktober, op Facebook en Instagram aangekondig word. Elkeen van die vyf semi-finaliste sal elkeen vier komplimentêre kaartjies ontvang. Jy kan dus jou vriende gratis saambring op die dag van die konsert.
Tydens die konsert het semi-finaliste ‘n verdere kans om pryse te wen deur foto’s van die kunstenaars, die konserte, die terrain – sommer alles wat met Herlaai te doen het – op sosiale media te laai. Die aand van die konsert om 20:00 sal die vyf semi-finaliste na die verhoog geroep word en die Herlaai Ultimate Fan vir George sal aangekondig word en pryse ontvang.
Vir enige navrae stuur ‘n e-pos na mione@herlaai.co.za
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'