Twee van die land se bekendste handelsmerke - Fruit & Veg City en Caltex - het saamgespan om verbruikers te help in ‘n opwindende nuwe vennootskap. Dit is die nuwe Freshstop by Caltex wat eersdaags open.
"Wildernis se Freshstop sal op 29 September open en ons sien uit daarna om klante van diens te wees," sê eienaar Gawie van Heerden.
Oor die diens sal mense waarskynlik opgewonde raak, want die vulstasie het juis onlangs erkenning van Caltex Suid-Afrika gekry vir die gehalte van diens wat hier gelewer word.
Die vulstasie belê nie net in die nuwe uitbreiding nie, maar ook in sy personeel se verdere opleiding.
Die vulstasie-span het onlangs ‘n omvattende opleidingprogram deurloop wat om te verseker dat die diensvlakke op ‘n hoë peil bly.
Die konsep van ‘n Freshstop is deur die Fruit & Veg City-groep saam met Chevron SA ontwikkel.
"Die doel hiermee is om ‘n gerieflike en flink verbruikerswinkel by vulstasies vir Suid-Afrikaners te skep.
"Dit maak baie sin, aangesien brood, melk en noodsaaklikhede al lankal by vulstasies aangekoop kan word.
"Nou word die heel varsste produkte egter in ‘n moderne winkel aangebied," sê Ga-wie.
Die nuwe winkels se voorkoms is vars, prettig en modern.
"Ons Wildernis-winkel sal ook ‘n wye verskeidenheid produkte in georganiseerde afdelings aanbied.
"Dit sal help om vinnig met die inkopies klaar te speel terwyl die motor aandag kry," sê Gawie.
‘n Rusplek buite met ‘n speelplek en dierepark vir kinders word ook beplan vir mense wat ‘n langer rit beplan en ‘n paar minute wil uitspan.
Freshstop by Caltex sal 24 uur per dag, 7 dae van die week oop wees.
"Moet dus nie in die toekoms sommer net verbyry nie - opwindende promosies word beplan. "Hou dus ‘n oog oop vir die nuwe Freshstop en kom kyk hoe dit lyk as dit klaar is," het Gawie afgesluit.

Die puik aanbieding van die produkte by Freshstop is deel van die suksesverhaal van die vennootskap tussen Caltex en Fruit & Veg City.