Advertorial
GEORGE SAKENUUS - Op Dinsdagaand 19 November het Dirk Kotzé Oogkundiges die amptelike opening van hul nuwe praktyk gevier. "Dit is werklik die begin van 'n nuwe era, 'n droom wat bewaarheid is," het Kotzé in sy toespraak gesê.
Hy beloof dat die diens, vriendelikheid en fokus op sorg egter nooit sal verander nie, en vir hulle altyd prioriteit is.
Die praktyk het na 23 jaar in die Shoprite-gebou na hulle nuwe spog perseel in Victoriastraat geskuif. Die nuwe gebou in Victoriastraat is ook deel van 'n prag nuwe ontwikkeling van SFG (Strauss Familie Groep) op die hoek van Victoria- en Yorkstraat.
Tydens die opening is daar ook 'n argitekvoorstelling van die toekomstige ontwikkeling ten toon gestel en dit gaan verseker 'n aanwins wees vir George se hoofstraat.
Kotzé en sy personeel kan nie wag om die publiek van George in hulle nuwe perseel te verwelkom nie... en wie weet, miskien kry jy 'n cappuccino om jou sommer ordentlik tuis te laat voel!
Danette Kotzé (middel) saam met personeellede Raqual Williams (links) en Kirsty Zeelie (regs).
Oogkundige Carla Lamprecht (links) saam met Christiaan Human van Boshoff Visser en sy vrou, Maritza Human.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'