Advertorial
GROOT-BRAKRIVIER SAKE NUUS - Die De Swardt gesin is al vir die afgelope 23 jaar betrokke in besigheid by die bekende De Dekke in Groot-Brakrivier waar Bertus die kompleks in 1994 gebou het en ook die eienaar was tot 2014.
As gevolg van die uitbreiding en toename van inwonergetalle, het die geleentheid ontstaan om ‘n kettinggroep, wat in die groeiende behoeftes kan voorsien, ontstaan en het Bertus en sy seuns Wikus, Gida en Albé die kleinhandelmark betree en Spar De Dekke is op 2 Julie 2014 geopen.
Die rede vir die keuse om ‘n Spar oop te maak was tweeledig. Eerstens het Wikus voorheen vir die Spar groep gewerk en het dus ondervinding met die groep. Tweedens is die Spar groep voorstaanders van gemeenskapsontwikkeling, iets waarvoor die De Swardt Familie baie passie het.
Spar De Dekke was so gewild dat die behoefte om uit te brei gou ontstaan het. Die afgelope paar maande is daar gewoel en gewerskaf en die totale vloeroppervlak is met 700 vierkante meter vergroot. Die aangrensende Tops drankwinkel se grootte het verdubbel wat dit nou moontlik maak om met trollies tussen die rakke te beweeg en sodoende uit die wye verskeidenheid van plaaslike en internasionale drankies te kan kies.
In die supermark gedeelte van Spar is daar ‘n groot verskeidenheid van produkte en baie van die vars produkte word by plaaslike verskaffers aangekoop en dit komplimenteer die wye verskeidenheid goeie kwaliteit produkte wat die Spar groep bied.
Daar is volop parkeerruimte asook maklike toegang tot die winkel vir bejaardes en gestremdes. Die goed opgeleide personeel is vriendelik en behulpsaam en die De Swardte is altyd in die winkel om ‘n navraag te hanteer. Die De Swardt familie besit ook die Spar op Pacaltsdorp wat deur die jongste De Swardt broer, Albé, bestuur word.
De Dekke Spar poog om pryse so laag en bekostigbaar moontlik te hou selfs in die opkomende Feesseisoen. Die winkel sal op Kersdag gesluit wees maar verlengde winkelure sal aan almal die geleentheid bied om kraakvars produkte aan te skaf.
Die De Swardt gesin wil graag alle kliënte bedank vir hulle ondersteuning en ook geduld tydens die afgelope maande se ontwrigting met die aanbou projekte. Wees egter verseker dat slegs die beste diens, verskeidenheid en gehalte by Spar De Dekke ervaar sal word.
Pragtige vars blomme.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'