Advertorial
GEORGE SAKE-NUUS - Na 20 jaar se onverbeterlike diens aan George se mense vanuit die Shoprite-gebou in Markstraat, was dit tyd vir 'n verandering! Daarom het Dirk Kotze besluit om sy praktyk na die pragtige nuwe adres in Victoriastraat 69 te skuif.
Hulle lewer steeds kompeterende, vriendelike diens en glo dat die nuwe ligging hulle in staat sal stel om selfs 'n beter diens aan hulle kliënte te lewer. Dit is slegs 'n blok weg van die vorige perseel en binne stapafstand vanuit die middedorp.
Die parkering reg voor die deur, asook agter die gebou, is 'n groot pluspunt vir kliënte se gerief en gemak.
Volgens Danette Kotze is hulle steeds dieselfde vriendelike personeel, gefokus op persoonlike diens en 'n langtermyn verhouding met hulle kliënte, elke kliënt is belangrik.
Dirk spesialiseer as oogkundige in diabetiese pasiënte en hy werk baie nou saam met ander spesialiste in George op hierdie gebied. Hy maak gebruik van 'n Fundus-kamera om die gesondheid van die oog te bepaal en te monitor.
Carla Lamprecht is hulle ander oogkundige en sal volgende jaar reeds 10 jaar by die praktyk betrokke wees. Hulle verdere dienste sluit in kontaklens passing, lisensieskanderings en hulle is in staat om dieselfde dag diens te lewer indien iemand van buite die dorp is.
Die praktyk het 'n groot verskeidenheid handelsnaam rame en sonbrille beskikbaar, maar ook heelwat generiese rame, vir meer sakpasopsies.
Die praktyk se personeel met die eienaar, Dirk Kotze, in die middel.
Hulle spesialiseer ook in voorskrifsonbrille vir sport of enige van jou buitemuurse behoeftes, wat insluit Maui Jim en Oakley. Hulle is ook van die min oogkundiges in George wat jou bril kan regmaak en pakkette uitwerk wat jou sak en jou mediese fonds sal pas.
Hulle is ingekontrakteer by alle mediese fondse en het ook beter pryse en afbetalingsopsies beskikbaar vir privaat kliënte. Die nuwe perseel is pragtig en modern. Dirk, Danette en hulle span sien uit daarna om elke persoon, oud en nuut, te verwelkom.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'