Die terugvoering is ontvang van Dr. Antonie Geyer, 'n kleinvee- en landbou-ekonomie-spesialis en uittredende adjunk-direkteur van die Departement Landbou, Bosbou en Visserye op Grootfontein, Middelburg.
Die studie is met data vanaf bokhaarkwekers in die streek verwerk en dui op 'n gunstige situasie vir Angorabok-vestiging as 'n belangrike waardetoevoegingsbedryf vir die Klein-Karoo.
Volgens Dr. Antonie wys oorhoofse-, direkte- en veranderlike kostekomponente, asook volledige bemarkingsbeheer oor jou produk, teenoor riskio's soos die beste moontlike omheinings, verliese weens skadeveroorsakende diere en diefstal, op Angorabokke as 'n langtermyn-wenner in die gebied.
Dr. Antonie het op 1 Maart in die Departement Landbou-Ekonomie aan die Vrystaatse Universiteit in Bloemfontein begin werk.
Die studiegroeplede en besoekers is v.l.n.r: Ewert Vermeulen (student by Bokhaar SA),Dr. Antonie Geyer, Weeber Truter (bokhaarkweker en voorsitter Agri Klein Karoo), Re-Jancca Massyn (Agri Klein Karoo) en Thys Lötter. A.l.n.r. is Pieter van der Westhuizen, Koos le Roux, Johan Fourie, Basie Strydom, Christof Strydom en Riano Greyling (Sybokhaar SA).