Die rits van legendariese musieksterre wat verder neerdaal op Bush Lapa se Musiekfees vir Desember is verbysterend, en ook vir die opelugkonsert op Saterdag 26 Desember. Die feestelikhede ken geen einde nie met Francois van Coke op Maandag 28 Desember, Lianie May en Wicus van der Merwe op Dinsdag 29 Desember en Jakkie Louw op Woensdag 30 Desember.
Beide gebeurtenisse is gewis die hoogtepunte van die jaar, en beslis die beste in die Suid-Kaap en dis nie 'n ydele 'brag' nie sê die eienaar KD Fourie.
Hy verduidelik: "Eers is daar die vertonings in die alombekende Bush Lapa en dan ... die groot ene - die 26ste Desember opelugkonsert wat op die oop stuk veld met sy majestueuse 180 grade uitsig oor die see voor Down to Earth venue en restaurant plaasvind. Met die grootste name in die musiekbedryf soos Die Heuwels Fantasties, Kurt Darren, Saarkie-band en vele meer.
Afgesien van die Bush Lapa venue, is die ander pragtige en unieke lokale by Herold's Bay Resort - die Down to Earth venue, bekend vir troues en funksies en is ook 'n à la carte restaurant oor Desember. Die oord is net buite George, 2 km op die Oubaai-afdraaipad vanaf die R404 na Heroldsbaai geleë.
Bush Lapa is 'n semi-opeluglapa (vir feesdoeleindes word die lokaal met 'n groot waterdigte Bedoeïen-tent bedek) knus gebêre in 'n bloekombos met 'n pragtige uitsig oor die see en Mosselbaai in die agtergrond waar ongerepte natuurmens nog omvou. Afgesien van die lekker feesmaaltye wat by Bush Lapa bedien word, is daar 'n gesellige kroeg.
Vir meer inligting kontak Bush Lapa by 044 851 0113 of besoek die webtuiste www.heroldsbayresort.co.za, of Facebook-blad.
Vanjaar is die George Herald die mediaborg vir die groot gebeurtenis - moet dit nie misloop terwyl dit hier op jou drumpel aangebied word nie.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'