Deelnemende kunstenaars, almal van George en omgewing, het Bofberg-kwekery, George Craft Legacy, Libere Foundation, House of Ngamathuba, Mosaic Matters, Heavenly Soaps, Options Care Centre, Murial Goliath Decoupage Goods, Garden Goodies, Tanzi Angels, My Vintage Heart, Genie's Hand Craft, Choc Delight, Kidzpositive, Moerby Wood Products, Al-te-Fraai, Cupcake en Thunder, Blue Monkey Handmade Designs, Diva Dollar Arts & Craft, Kerygma Designs, South Cape Crafts, Stanmar Furniture, Braemar Crafts, Words with Wings, Timber Tom, Braai Buddy, Sand Art en die kunstenaars Karin Combrink, Weyn Chuma, Yvonne Pearce, Engela van Niekerk, Anthony Noble en Pauline Lourens ingesluit. Skole is ook genooi om produkte uit herwinbare materiaal te maak.
Die geleentheid is geopen met 'n skemerpartytjie deur burgemeester, Charles Standers, rdle. Leon van Wyk, Iona Kritzinger en die munisipale bestuurder, Trevor Botha, sowel as lede van Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling (PEO). Craig Carbutt van Cape Craft & Design Institute sowel as rdl. Van Wyk het aangedui dat die produkgehalte merkbaar verbeter het.
Toekennings vir die beste produkte in die verskeie afdelings is aan die kunstenaars oorhandig. Roberto Vaccaro is as die wenner van Kunswerkafdeling aangewys.
Die volgende toekennings is ook gemaak: Papierkuns - Al-te-Fraai (Tania Crause), Houtkuns - Moerby (Ernst Berry), Mosaïek Kuns - George Craft Legacy, Metaal Kuns - Jill de Ponte, Pottebakkery - Tanzi Angels (Aletta Esterhuizen & Laetitia Kotze), Naaldwerk - South Cape Crafts en Kralewerk - Kidzpositive (Heather Stead).Die kunstenaars het die George-munisipaliteit bedank vir die geleentheid wat geskep is om hul produkte te bemark sowel as die borge, Cape Craft Design Institute, Lancewood Kaas, Pick n Pay Knysnaweg en Redberry Plaas - wat produkte verskaf het vir die skemerpartytjie.

Van links is Pieter Pepler (PEO), Marlene Steinmann (koödineerder van die uitstallling), Rose Lewis (PEO ) en rdl. Leon van Wyk.

Uitstallers Yvonne Pearce, Karen Combrink en dr. Johanna Botha by die opening van die George-munisipaliteit se Kuns en Kunsvlyt-uitstalling. Foto's: Pauline Lourens