GEORGE NUUS - Nes die Kaapse Dokter, storm Tanja die musiekbedryf binne op 'n jong ouderdom en is hier om te bly. Getoë in Melkbosstrand en alreeds 'n meester van die klawerbord op ouderdom sewe, het Tanja geweet musiek spoel soos die branders deur haar - onkeerbaar.
Sy neem haar debuut album in 2009 op en die optredes stroom landwyd in, maar nou is sy op pad met 'n splinternuwe album getiteld, Ek is oppad.
En sy is op pad na George waar sy op Saterdag 24 Augustus in die George-kunsteteater optree met 'n lewendige orkes.
Gaskunstenaars vir die aand is eie aan die Tuinroete, Bea Crawford en Albert Meintjes. Beide gevestigde sangers en liedjieskrywers, gaan hulle bydra tot die aand se vermaak. Bea is 'n talentvolle musikale teateraktrise en bekroonde skrywer, en het verskeie van haar gedigte in Suid-Afrika gepubliseer.
Albert se sterkste bron van liriese inspirasie word getrek uit die gebeure van die daaglikse lewe en die emosies wat hulle op ons aanspreek.
Sy verhale van liefde, avontuur en die al te dikwels onsigbare natuurskoon wat ons omring, beloof om sy gehoor op 'n inspirerende en boeiende reis te neem.
Kaartjies is beskikbaar by Computicket of skakel 044 874 3142 vir navrae.
Tanja is op pad na George waar sy op Saterdag 24 Augustus in die George-kunsteteater optree met 'n lewendige orkes.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'