GEORGE NUUS - Alles wat sjokolade is sal Vrydag en Saterdag by die Sjokoladefees by die Garden Route Mall te proe en te koop wees.
‘n Groot aantal stalletjies sal hulle ware uitstal en te koop aanbied en in die feestent kan feesgangers ontspan terwyl plaaslike kunstenaars soos Nedine Blom en Sorina die Flooze optree.
Een van die gewildste kompetisies is waar deelnemers so vinnig as wat hulle kan ‘n klomp sjokolade moet opeet. Gesinne kan ook inskryf vir die Gesin van die Jaar-kompetisie waartydens die publiek die wenners sal help kies.
Die fees begin elke dag om 10:00 en eindig 16:00. Toegangsgeld is R20 vir volwassenes en R10 vir kinders onder 16 jaar.
Die fees sluit Saterdagaand af met ‘n hoogtepunt tydens ‘n aandkonsert waar Eden, die gewilde mansgroep, Arno Jordaan, Nico Harmse en DeeDee optree.
Kaartjies vir die konsert is R80 en is te koop by Famsa se kantore in Meadestraat 68, in die Mall naby die inligtingstoonbank of by die ingang na die fees. Enkele kaartjies sal ook by die deure die aand beskikbaar wees. Die konsert begin om 19:00 in die feestent.
Vir navrae, skakel Hennie Visser (stalletjies) 082 950 1113; Nico Harmse (fees en kunstenaars) 071 606 7118; Famsa (inskrywings vir die Gesinskompetisie en konsertkaartjies) 044 874 5811.
Die feesprogram is soos volg:
Vrydag 24 September
10:00 tot 10:30 - Kiddies show
10:30 tot 13:45 - Live entertainment
11:30 - 13:30 - Maxeen’s models freeze and promo girls
14:00 to 15:00 - Fashion with a difference
Saterdag 25 September
10:00 - Die Flooze open fees
10:15 - Sorina tree op
10:30 - Gesin van die Jaar se bekendstelling
10:45 - Sorina tree op
11:00 - Ontmoet Nedine Blom en beoor-delaars van Gesinskompetisie
11:15 - Ontmoet deelnemers aan Gesins-kompetisie
11:20 - Bekendstelling van Tashia Vermeulen
11:30 - Tashia tree op
12:15 - Kompetisie met sjokoladeliedjie
12:30 - ‘Eet so vinnig jy kan’-kompetisie
13:00 - Gesinskompetisie - interaksie
13:30 - Optrede deur Nadine Blom
14:15 - Optrede deur Henriette
14:45 - Kroning van Gesin van die Jaar
15:00 - Optrede deur Nicolene
15:30 - Promosie-item
16:00 - Fees sluit af
19:00 - Konsert met Eden, Arno Jordaan en Nico Harmse.