GEORGE NUUS - Rudy en Virn Demas bied op Sondag 11 Desember van 15:00 tot 18:00 'n konsert aan in die Conville-gemeenskapsaal.
Die egpaar vier met hierdie geleentheid hulle 10 jaar van sangoptredes saam. Hulle komponeer hulle eie musiek en het al drie CD's vrygestel.
Groepe op Sondag se program sluit in Peter Jafta (Leka J), Moses Williams, Witness, Esterhuizen Family, Conville SDA Jeugkoor en ander gewilde plaaslike kunstenaars.
Die Demas-paartjie is oorspronklik van George, maar woon tans in Kaapstad waar Rudy sy teologiegraad verwerf het en sy vrou onderwys studeer. Rudy was vir 12 jaar 'n kinder- en jeugsorgwerker by Huis Outeniekwa en ook omroeper by die plaaslike radiostasies EDENfm en Heartbeat FM.
Verversings en geestelike boeke sal by die konsert beskikbaar wees.
Kaartjies kos R50 vir volwassenes en R25 vir kinders onder 12 jaar. Vir meer inligting, kontak Rudy by 071 990 6632 of 076 506 4101.
Rudy en Virn Demas tree op Sondag 11 Desember in die Conville-gemeenskapsaal op.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'