Die mammas en pappas was ook daar om die kleingoed te ondersteun. Gedurende die lewendige vertoning het dié wenners van die SAMA (South African Music Awards) vir beste Afrikaanse kinder-CD seker maak dat almal heerlik saamdans en sing.
Hul langverwagte nuwe DVD, Lollos 3 Boem Boem, ons gaan Groen word in Oktober uitgereik. Gedurende die vertoning het Lollos, Minki Burger en Disco die maatjies om die aarde mooi opgepas, op ‘n prettige en danserige manier. Die kinders word ook geleer om papiere op te tel en water en elektrisiteit te spaar.
 (Small).jpg)
Lollos was verseker ‘n groot treffer en kleingoed wat in die Garden Route Mall kom kuier het, het dit baie geniet.