Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die ikoniese Suid-Afrikaanse aktrise Lizz Meiring se eenvrouvertoning, "Die Weduwee se Sjampanje", is vanaand op die planke by die George Arts Theatre in Yorkstraat.
Vanaand is ook die eerste aand van die teater se eerste Kunstefees wat oor die volgende vyf dae strek.
Dit is Meiring se eerste optrede in die historiese teater en sy kan nie uitgepraat raak oor dié skat van George nie.
Ander bekendes wat tydens die fees gaan optree sluit in Marion Holm, met haar vertoning "Holmruggery", Hannes van Wyk met "Sielskos" en Klikkerland vir die kleingoed.
Maak seker jy gooi 'n oog oor die program (sien hier) en voed jou siel met kultuur.
VIDEO - Die Weduwee se Sjampanje by Arts Theatre:
Stilte voor die storm. Die stel is gedek vir vanaand se vertoning. Foto: Michelle Pienaar
Denise Lindley from Packwood wine estate in Harkerville. They provide the refreshments for tonight's opening of the Arts Festival. Photo: Michelle Pienaar
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'