Gallery
GEORGE NUUS - Mure afbreek en brûe bou. Dit is wat kuns kan doen. En dit is wat plaasgevind het op Saterdagoggend, 14 September, toe die lente al amper in die lug was.
Sowat 40 mense het 'n geleentheid bygewoon waar 17 digters kom lees het by die South Cape Association for Visual Arts (Scava) se jaarlikse 'Visual Expressions'-uitstalling in die Sayers-ouditorium by die George-museum.
Die gedigte is aangebied in reaksie op individuele skilderye of beeldhouwerke in die uitstalling en die digters het behoorlik laat waai soos die muses gedans het.
Om elkeen se skepping oor die mikrofoon te beleef tussen die kleurryke kuns wat dit geïnspireer het, was werklik besonders. Engels en Afrikaans het gesing, in volkleur!
Die besielende kunswerke bied iets vir elkeen se smaak - om deur die uitstalling te wandel is om heeltemal weg te raak in mymering vir sommer ‘n uur of meer.
Gaan kyk gerus, dis nog te sien tot 3 Oktober. Al die werke is te koop. Al die gedigte is nou ook pragtig uitgedruk en by die toepaslike skilderye opgeplak.
Die gesprek tussen woord en beeld spring dinamies heen en weer - daar is vrolikheid en humor, hartseer en dapperheid om te ervaar.
Kontak Scava vir meer inligting by admin@scava.co.za of 083 627 6757.
Die uitstalling en gedigte kan op weeksdae besigtig word van 10:00 tot 16:00 en Saterdae van 09:00 tot 12:00. Ervaar hoe die kunswerke in woorde omskep is.
VIEW A GALLERY: Poësie en kuns vermeng by 'Visual Expressions'-uitstalling
Dit was 'n genotvolle, stimulerende aand.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’