HEROLD NUUS - Herold, in die hart van die ou bekende hopsroete, se derde Meander Leiwater Plaasfees vind plaas op Saterdag 25 November.
Die feesprogram begin 09:00 met die Unisac-rieldansers van Uniondale, Jakkalskraal-stoftrappers van Kranshoek asook Net vir Pret-groep van Barrydale.
Plaaslike orkeste soos Norman Marks se Eden Minstrels, Melody 6, Ocean Breeze en House of Entertainment gaan die gehoor vermaak met musiek uit die boonste rakke.
Vir kinders is daar donkie-karritte, springkastele en die Songololo Fun Ride wat deur die lande ry.
Plaaslike rugby spelers gaan aan 'n landelike 7's-rugbytoernooi deelneem en uitspeel vir die titel van die Herold Meander Landelike 7's-kampioen.
Verskeie bekende storie-vertellers gaan optree, Danneline Ramsden se Namakwalandse stories, gedigte deur Willem Fransman, Diana Ferrus, ds. André Boezak, Pietie Mooney en Boetie Rhodes.
Toegang tot die fees is R30 vir volwassenes en R10 vir kinders onder 18.
As dit nostalgie is wat jy soek, is die Herold-plaasfees die plek.
'Ons bring jou die nuutste Herold, Tuinroete nuus'