GEORGE NUUS - 'Buon cibo, buon vino, buon amici' is 'n Italiaanse spreekwoord om te sê dat al wat 'n mens in die lewe nodig het, is eenvoudige goed: goeie kos, goeie wyn en goeie vriende!
Op Donderdag 5 September neem sjef Emile Nel lede van die Suid-Kaapse Fynproewers op ‘n Italiaanse kulinêre reis.
Hierdie gewilde kookkuns is gebaseer op eenvoud, geur en die gebruik van hoë gehalte bestanddele - in kort, 'less is more'. In plaas daarvan om moeilike tegnieke of swaar souse te gebruik, glo die Italianers die ware geheim is om die natuurlike geure van die bestanddele na vore te bring.
Soos die Fynproewers weet die Italianers die ware sukses van die maaltyd word nie net gemeet aan die voedsel nie, maar die gelag en kuier rondom die tafel saam met vriende en geliefdes. Kom kuier saam met hulle by die Chef’s Emporium Restaurant, Diaz Hotel om 09:00.
Koste per gas is R300 en sluit in ‘n kosdemonstrasie, resepte en ‘n proegeleentheid van al die geregte met ‘n bypassende wyn.
Kontak Mariaan Kruger by 083 269 9148 om ‘n plek te bespreek. Die laaste dag vir bespreking is 30 Augustus.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’