GEORGE NUUS - Faraway George, 'n welkome nuwe stem in die Suid-Afrikaanse musieklandskap, tree Vrydag 5 Oktober in die Oakhurst George-kunsteteater op.
Dié sanger en liedjie skrywer het sy debut op Jacaranda FM gemaak toe sy liedjie Nooit Te Laat vir die eerste keer op radio gespeel is in Junie 2016. Kort daarna dat hy sy nuwe reis as voltydse kunstenaar en liedjieskrywer aangedurf.
Die lied kan ook gehoor word in die Afrikaanse film, Nul is nie niks nie. Sy musiek word beskryf as oorspronklike, moderne Afrikaanse folk, met 'n tikkie blues.
Hy sing en skryf in Afrikaans en Engels en eerste album, Vir 'n Vreemdeling, wat in 2016 uitgereik is, het 'n groot indruk op musiekliefhebbers gemaak. Een stêr wat nog groot dinge van die sanger verwag is George se eie Elvis Blue wat hom as ondersteunende kunstenaar op sy 2016 Êrens in die middel van Nêrens-toer gebruik het.
Faraway George, tans op 'n uitgebreide Kaapse toer, optrede begin om 19:30. Kaartjies is beskikbaar by Computicket of by die kunsteteater teen R100 of R120.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'