GEORGE NUUS - Dis Die Bush Lapa-musiekfees se 10de verjaarsdag en hierdie jaar gaan daar groot partytjie gehou word!
"Op ons feesprogram het ons meer as 10 van Suid-Afrika se topkunstenaars oor 10 dae."
Só sê KD Fourie, stigter van die musiekfees.
Die Bush Lapa-musiekfees is sedert 2008 een van dié musiekbyeenkomste op die Suid-Kaapse feeskalender.
Toenemende belangstelling in die fees het gelei tot verdere uitbreiding en vandag kan die Bush Lapa meer as 450 mense akkommodeer.
"Die Bush Lapa en sy musiekfees word beskou as die tuiste van musiek in die Suid-Kaap en is iets waarop George trots kan wees!" sê Fourie.
Die 2017 feesprogram is as volg:
- 20 Des: Adam
- 21 Des: Bok van Blerk & Band
- 22 Des: Chris Chameleon
- 23 Des: Ray Dylan, Jakkie Louw & Band, Arno Jordaan
- 26 Des: Arno Carstens
- 27 Des: Adam Tas & Band
- 28 Des: Francois van Coke & Band
- 29 Des: Theuns Jordaan
- 30 Des: Etienne Steyn & Band
- 31 Des: Prime Circle, New Year's Eve Party & Countdown
Vir meer inligting skakel KD Fourie by 044 851 0113.
Klik hier vir die Bush Lapa Musiekfees-bylaag.
Francois van Coke.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'