GEORGE NUUS - Barbiekoors het ook in die Tuinroete posgevat en oral is mense in pienk getooi.
Die film het die afgelope naweek begin wys en duisende mense het na teaters gestroom om dié ikoniese pop in lewende lywe op die groot skerm te sien.
Barbie sal na verwagting 'n megatreffer wees en het net tydens die openingsnaweek in die VSA en Kanada reeds $155-miljoen ingebring.
Die ondersteuners van die George-sportklub het ook saamgespeel en daar was selfs twee manne by die klub wat hul lywe Ken gehou het.
René Koen en Michiel Schoeman glo mens kan op enige ouderdom popspeel! Of is dit nou rolspeel? Foto's: Ilse Schoonraad
Staan opsy Ryan Gosling! In die Tuinroete is Ken groot … Michiel Schoeman en Henno du Plessis is "pretty in pink".
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’