George Herald-joernalis Pauline Lourens berig dat die vinnige stop by Victoriabaai deel was van hulle bekendstellingstog wat in Johannesburg begin en gister in Kaapstad geëindig het waar hulle later die week die première van die film sal bywoon.
Arno, wat 'n maand lank vir die verfilming in Jeffreysbaai tuisgegaan het, het so aanklank gevind by die branderplanklewe dat hy sommer sy loopbaan wou opgee en homself wou oorgee aan die sorgvrye lewe in Jeffreysbaai.