Dogtertjie vermoor: Verdagte weer in hof

Beamptes van die George forensiese patologie dra die liggaam van Natalie uit. Foto: Brümilda Swartbooi.

GEORGE NUUSFLITS - Die vermeende verkragter en moordenaar van Natalie Baartman (5) was vanoggend weer in die hof waar sy saak tot 5 Mei uitgestel is. Johannes Frieslaar het vanoggend in C-hof voor landdros Les Strydom verskyn.
 
Klein Natalie se half naakte liggaam is op 13 Februarie sowat 50 m van haar ouerhuis in ‘n oop veld gevind. Frielaars is ‘n paar dae daarna ook in Syferfontein aangekeer.
 
Sy was reeds twee dae vermis voordat haar ouers haar as vermis by die polisie aangemeld het.
 
Kapt. Malcolm Pojie, die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het vroeër vandag gesê hul ondersoek of daar enige nalatigheid aan die kant van die ouers was, gaan steeds voort.
 
“Die ondersoek is nog nie afgehandel en geen besluit oor enige vervolging teen die ouers is nog geneem nie.”
 
Klik hier vir vorige artikels:
Meer inligting volg soos dit bekend word. 
 
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'


Your Comments
Back to Top

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald